Die eerste sessie begin Woensdag, 24 Januarie.  Alle leerders en grade is welkom.

Registrasie vir eerste sessie: Direk na skool tot 14:30. Alle leerders moet vooraf registreer by ons hoofafrigter, Me Corlette Heyns. (Naam en graad). Me Heyns sal by die swembad wees met die nodige registrasiedokumente. Let op: Leerders moet registreer voor hulle verklee.

Swemsessie begin stiptelik 14:30. Ons maak gewoonlik 15:15 of op die laatste 15:30 klaar. Leerders sal vir die 1ste drie sessies geassesseer word om hulle swemvaardigheid te bepaal sodat leerders in die regte groepe geplaas kan word. Leerders wat nie basiese swemvaardighede het nie, kan registreer vir privaatlesse by Me. Corlette Heyns. GEEN NUWE SWEMMERS NA WOENSDAG, 31 JANUARIE NIE. Leerders moet voor 31 JANUARIE besluit of hulle wil swem en daar van hulle verwag om getrou oefening by te woon.

Swemprogram vir die res van die kwartaal:

  • Dinsdae: 14:30 – 15:15/15:30
  • Woensdae: 14:30 – 15:15/15:30

Leerders word sterk aangemoedig om albei lesse by te woon. Indien ’n leerder vir 2 sessies sonder skriftelike verskoning nie opdaag nie, sal leerders uit die span geskop word. (stuur epos na cheyns@live.co.za en cc abre.vanheerden@janvanriebeeck.co.za of jan.henning@janvanriebeeck.co.za)

Swembrille, pette en sonskerm: Alle leerders moet hulle eie swempette en swembril aanskaf.  Onthou asseblief sonskerm ook! Geen leerders sal toegelaat word om sonder ‘n swembril en -pet te swem nie.

Galas vir die kwartaal:(opgedateer)

  • 25 Januarie – Reddam Durbanville
  • 1 Februarie – Springfield
  • 8 Februarie – St Cyprians
  • 15 Februarie – Vishoek
  • 22 Februarie – Bishops
  • 9 Februarie – Jan van Riebeeck
  • 7 Maart – Vishoek

Corlette Heyns verkoop Nabaiji goggles teen R200 per paar. Bestellings moet verkieslik voor die gala van 23 Januarie geplaas word sodat leerders toegerus is vir die gala. (Laaste bestellings vir leerders wat nie gala swem nie –  Vrydag 26 Januarie)

E-pos swembril bestelling na Corlette Heyns by cheyns@live.co.za met die volgende besonderhede:

  • Onderwerp reël van e-pos: Gogglebestelling: Hoërskool JvRL
  • Inligting benodig in e-pos:
    1. Leerder se naam, van en graad
    2. Heg bewys van betaling aan e-pos

Bankbesonderhede vir bestellings:
Rekeninghouer: Corlette Heyns
Bank: Capitec Spaarrekening
Rekeningnommer: 113 700 1869
Verwysing: Leerder se voorletters, van en graad

Swembrilbestellings kan Maandag direk na skool of Dinsdagoggend by ontvangs afgehaal word.

Swemlesse teen eie koste: (vir JvR leerders wat meer wil fokus op fiksheid en/of tegniekverbetering)

  • Vrydae: 14:30 – 15:30
  • Volwasse swemsquad: Vrydae 15:30 – 16:30 en moontlik 16:30 – 17:30.
  • Navrae oor privatelesse en fooi kan per e-pos gerig word na Corlette Heyns by cheyns@live.co.za
  • Let op: 1ste privaatlesse skop Vrydag, 2 Februarie, af.
0 Shares
X