Ons seuns het Donderdag, 1 Februarie, teen Rondebosch gespeel, maar moes ongelukkig die knie buig teen die opponent. Die gr.8’s se spel was wel indrukwekkend – mooi so, manne! Ons dogters speel vanmiddag teen Springfield (tuis).
Volgende week speel ons dogters tuis teen Reddam Constantia (Maandag, 5 Februarie) en ons seuns speel Donderdag, 8 Februarie, tuis teen Wynberg Boys.
Oefeninge: Alle spanspelers oefen op Woensdae 14:30-15:30 en alle ander spelers oefen op Maandae 14:30-15:30.