Tiaan Joubert (gr. 8) is deel van AGA-WC (Africa Genesis Archery Western Cape). Hy het die afgelope naweek aan die interskole by Gene Louw deel geneem. Tiaan verbeter sy Bull’s Eye telling en skiet ‘n telling van 285. Hy behaal ‘n Silwer medalje vir hoërskool seuns. Baie geluk Tiaan!