WELGEMEENT HEREHUIS, Welgemeend straat 2, Tuine, Kaapstad.

Openingsaand Dinsdag,16 September 2025, om 18:00. Kabous Meiring, joernalis en TV persoonlikheid, sal die gasspreker wees.

* Dinsdag, 16 September 12.00 tot 20:00.
* Woensdag, 17 September 12:00 tot 18:00
* Donderdag, 18 September 2025 12:00 tot 18:00.

Die uitstalling bestaan uit 15 kunstenaars wat in ‘n verskeidenheid van mediums werk. Dit sluit in werk op papier en olieverf, fotografie, beeldhouwerk (wat bestaan uit brons en keramiek werke), juweliersware, tekstielkuns en artistieke klere. Alles geskep vir die spesiale uitstalling en alles sal te koop wees.

Op Woensdag, 17 September om 17:30, sal daar ‘n boekbekendstelling wees van Lanie van Reenen se nuwe boek, VANDAGSEDAG. Dit is die laaste van ‘n trilogie. Laureen Rossouw, joernalis en vorige redakteur van ELLE Decoration, sal ‘n onderhoud met haar voer.

Die kunstenaars is:

  • Biba klere
  • Elsa verLoren van Themaat
  • Elske Henderson
  • Francisca Louw
  • Francois Irvine
  • Hannelie Strydom
  • HikaruNogutchi breiwerk
  • Irma van Rooyen Karos studio
  • Juanita Oosthuizen
  • Michelle van Reenen
  • Les Flower
  • Petra Derksen
  • Victor Hulme
  • Wilmie Smith – Mathilde & Amélie
0 Shares
X