SchoolsLoyaltyLink befonds die openbare voordeelorganisasie, Teachers without Borders, wat gratis, digitaal aflaaibare handboeke van 800 bladsye beskikbaar stel vir die NSS-kurrikulum, saamgestel deur UCT. Hierdie handboeke en assesseringsmateriaal vir graad 8–11 is beskikbaar vir enige KABV-leerder, gratis en permanent, en kan binne sekondes afgelaai word sonder afhanklikheid van vinnige internet.
Om skole én TWB te ondersteun, het Bidvest-Lithotech ‘n webwerf ontwikkel met meer as 12 000 produkte en dienste vir skole, ouers, onderwysers en ondersteuners. Elke aankoop, via EFT, verdien 5% kommissie vir die skool én TWB; 2.5% vir kredietkaartbetalings deur ouers en ondersteuners. Reeds 30 kaapse skole soos Rondebosch, Rustenburg, Paul Roos en Wynberg Boys verdien passiewe inkomste hieruit.
Verskaffers sluit toonaangewende name soos Sanlam, Guardrisk, Liberty, Zestlife en Medway in – wat reeds Gap-beleide vir 32 000 lede van die Afrikaanse Onderwysersunie bestuur. Ons is ook mede-borge van hul jaarlikse konferensie in PE.
Sien die skakel indien u belangstel om te kyk daarna. https://www.schoolsloyaltylink.co.za/