Ons het alreeds talle inskrywings ontvang vir die Olimpiade vir Rekeningkunde, Besigheidstudies en/of Ekonomie. Die spesiale afslagprys is ongelukkig nou verby. Leerders kan al drie komponente of slegs twee of een skryf en die koste beloop dieselfde.
Graad 10 – 12 leerders:
Betaling afgehandel voor: 11 April 2025 op Karri of by ontvangs
- Eerste Ronde: 7 Mei 2025
- Tweede Ronde: 30 Julie 2025
- Koste R120.
Graad 9 EBW leerders:
Betaling afgehandel voor: 11 April 2025 op Karri of by ontvangs
- Datum: 30 Julie 2025
- Koste R75.
Skryf gerus in vir hierdie verrykende geleentheid! Vraestelle sal aan leerders gegee word om deur te werk en groot pryse is op die spel!