Alle leerders wat verlede kwartaal om geldige redes die die vraestel 3-eksamens in Afrikaans en/of Engels aan die einde van die derde kwartaal misgeloop het, het ’n geleentheid om hierdie vraestel(le) te skryf op Vrydag, 24 Oktober en/of Maandag, 27 Oktober om 14:30 in Ouditorium A.
 
Leerders kan op enige van hierdie twee dae die vraestelle skryf, maar geen verdere geleentheid word ongelukkig hierna gebied nie. Verseker dus dat u kind aanmeld vir hierdie skryfsessie(s).
Leerders kan ook met hul Afrikaans- of Engelsonderwysers gesels vir enige verdere hulp.
0 Shares
X