Leerders kan vanjaar weer aan die eBEELD-skryfkompetisie deelneem. Daar is kontantpryse, sowel as die moontlikheid om ‘n skryfslypskool by te woon, op die spel.
Leerders kan ‘n opstel van hul keuse, wat tussen Januarie en Augustus 2025 geskryf is, inskryf. Inskrywings hiervoor sluit 1 September. Verder kan leerders hul gedigte inskryf wat tussen Januarie en Julie 2025 geskryf is. Die sluitingsdatum hiervoor is 1 Augustus 2025. Leerlinge mag slegs een skryfstuk per afdeling inskryf.
Enige leerder wat belangstel, kan solank tydens die Junie-vakansie besluit wat hulle wil inskryf en dit dan in die eerste week van die derde kwartaal as ‘n getikte dokument aan juf. Raath e-pos. (corine.raath@janvanriebeeck.co.za)
0 Shares
X