Is jy ’n voorsêer met sêgoed? Is jy gekonfyt in Afrikaanse gesegdes, idiome, spreekwoorde en vergelykings?
ATKV-Digi-Idiome gee jou die geleentheid om jou kennis van Afrikaans se beste sêgoed in ’n prettige speletjiesformaat ten toon te stel! Maak jou leeslitte los en laat jou idioomspiere met ATKV-Digi-Idiome bult!
Alle inskrywings sluit op Vrydag, 17 Oktober 2025. Vir meer inligting, laai gerus die deelnemersgids hier af.
Sit skouer aan die wiel en skryf in!