Ons nooi al ons graad 8- en 9-leerders uit om deel te neem aan die SANGO Junior Geografie Olimpiade op 16 September 2025.
- Formaat: Aanlyn meerkeuse-toets (2 ure) wat by die skool op ‘n rekenaar geskryf word.
- Koste: R60 per leerder (betaling via Karri of by die finansies-toonbank).
- Registrasie-sluitingsdatum: Maandag, 8 September om 10:00.
- Toekennings: Sertifikate vir Brons, Silwer, Goud en Platinum.
- Voorbereiding: Gereelde vrae en oefenmateriaal is op die Olimpiade-webwerf beskikbaar (besonderhede na registrasie).
Hierdie is ’n wonderlike geleentheid om jou kennis en belangstelling in Geografie uit te leef. Ons sien uit na ’n sterk Jan van Riebeeck-verteenwoordiging! 🌍