Volg gerus die skakel vir die toetsrooster met die tye wat leerders skryf:https://janvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2025/09/Toetsrooster-vir-nuusbrief-12-Sep.pdf
- Leerders meld om 07:35 aan by die lokale waar hulle ingedeel is om toetse te skryf.
- Die week se lokale sal op die bord by die personeelkamer op geplak wees en leerders moet elke oggend seker maak dat hulle by die regte lokaal aanmeld.
- Leerders moet studiemateriaal vir die dag se toetse asook die volgende dag se toetse saambring. Daar gaan sessies wees waar leerders moet studeer en dus moet hulle die leerwerk by hulle hê.
- Die skool kom 13:00 uit vir die verloop van die toetsreeks.
- Daar is nasorg fassiliteite beskikbaar vir leerders wat nie om 13:00 reeds kan huistoe gaan nie.
- Daar sal steeds sportoefeninge direk na skool wees.
- Alle busse vertrek om 15:00 tydens die toetsreeks.
Ons vra dat u as ouers sal toesien dat leerders goed voorberei vir die toetsreeks sodat elke leerder tot sy/haar volle potensiaal kan presteer.