Na vele nadenke is daar besluit om met die derde voorgestelde vakkeusegroepe vir 2026 voort te gaan. Dit lyk asof hierdie kombinasie vir die meeste van ons leerders gaan werk. Daar is ongelukkig nooit ‘n perfekte kombinasie nie en sommige leerders sal dalk nou wonder wat om te neem. Ons gaan ‘n nuwe skakel uitstuur wat ALMAL asseblief weer moet invul. Die sluitingsdatum hiervoor gaan Vrydag, 17 Oktober wees. Mnr Zietsman sal die eerste week van die 4e kwartaal beskikbaar wees om enige leerders te help wat sukkel om as gevolg van die nuwe groepe ‘n keuse te maak. Let ook asseblief daarop dat die vakaanbevelings wat mnr. Zietsman gedoen het nie ongeldig is nie, maar dalk net in ander groepe gaan val.
Ouers ons wil ook net benadruk dat, as gevolg van die GEC take, die punte buitengewoon hoog is en dat u asseblief nie hierdie kwartaal se punte moet gebruik as ‘n maatstaf vir vakkeuses nie. Die Junie-eksamenpunt sal vir u ‘n baie meer realistiese aanduiding gee.
Die nuwe vakgroepe is as volg:
Groep 1:
- Fisiese Wetenskappe
- Geskiedenis
- GVS
- Visuele Kunste
- Musiek
Groep 2:
- Dramatiese Kunste
- Fisiese Wetenskappe
- IGO
- Lewenswetenskappe
- Musiek
- Rekeningkunde
Groep 3:
- Besigheidstudies
- Duits
- Ekonomie
- IT
- Musiek
- Ontwerp
- Lewenskappe
- Rekeningkunde
Dankie vir almal se samewerking en geduld met hierdie proses. Hier is die skakel na die nuwe vakkeusevorm: https://forms.office.com/r/YznE4ywBe7