Die WKOD het ‘n nuwe stelsel geïmplimenteer waar alle leerders se handboeke aan die begin van elke kwartaal nagegaan moet word. Leerders moet asseblief verseker dat hulle gedurende die eerste week van kwartaal 3 al hul handboeke by die skool het om nagegaan te word. Hulle sal ook ‘n handtekening moet plaas as bevestiging dat hulle steeds dieselfde boeke het wat aan die begin van die jaar aan hulle uitgereik is. Ons herinner ouers daaraan dat indien ‘n leerder ‘n boek verloor, daar ‘n koste van R300 per boek sal wees, wat vereffen moet word voordat die leerder ‘n vervangende handboek mag ontvang.

0 Shares
X