Alle graad 8 en 9 leerders word uitgenooi om aan die Hoza Geskiedenis olimpiade, wat op 14 Oktober plaasvind, deel te neem. Hierdie olimpiade is vir juniors en vind aanlyn plaas. Die inskrywingsfooi is R60 per leerder en betalings kan op Karri gedoen word. Inskrywings sluit op 30 September.