Ons wil graag alle graad 8 en 9-ouers/voogde herinner aan ons twee belangrike aanlyn intervensie programme wat die skool aanbied, naamlik Reflective Learning vir Wiskunde en EyeBrainGym vir leesbegrip. Alhoewel daar ‘n enkel periode in ‘n twee-week siklus aan hierdie programme toegewy word, moet leerders wel minstens 40 min. per week tuis spandeer om hulle oefeninge te voltooi. Ons moedig ook ouers/voogde aan om deur hul kinders se profiele hul vordering dop te hou.
Reflective Learning (Reflective Learning):
ReflectiveLearning toets leerders se wiskundige vermoëns om struikelblokke te identifiseer. Hierdie program gee ook sorgvuldige terugvoer aan leerders oor konsepte wat hulle nog nie bemeester het nie en beoog om enige gapings te vul. Die program laat ook ons wiskunde onderwysers toe om vinniger leerders te identifiseer wat moontlik hulp benodig, mits die leerders gereeld die program gebruik.
EyeBrainGym (EyeBrainGym:Admin):
EyeBrainGym gebruik verskeie maatstawwe om leerders se lees vermoëns te toets en te verbeter. Leesbegrip kan ‘n beduidende impak hê, nie net op taalvakke hê nie, maar ook op vakke wat insig in vakkennis toets. Ons ag dit dus as een van ons belangrikste intervensie programme t.o.v. eksamenvoorbereiding. Leerders wat sukkel om met begrip te lees, sukkel ook gewoonlik om vrae in eksamens en toetse te verstaan.