Die uitnodigings is uit en die graad 12’s is amptelik genooi na die verlore stad van goud waar hulle aan ‘n langtafel gaan sit en kuier saam met vriende en spesiale gaste.  Ons wil graag die matrieks herinner dat hulle voor die 28ste Februarie moet R.S.V.P.  Leerders wat persone van buite die skool wil neem, moet ook asseblief sorg dat hulle die betrokke vorm by mnr. Henning kom afhaal en die voltooide vorm aan hom terugbesorg voor 28 Februarie.
Ons sien uit na die spog geleentheid van Hoërskool Jan van Riebeeck.
Matrieks kan R.S.V.P by mnr. Jan Henning (jan.henning@janvanriebeeck.co.za). Dankie vir almal wat dit reeds gedoen het.
Betalings kan op karri gemaak word.
0 Shares
X