Alle leerders in graad 10 tot 12 word uitgenooi om aan vanjaar se nasionale Afrikaans-olimpiade, aangebied deur die ATKV, deel te neem. Die olimpiade word op Woensdag, 14 Mei 2025, hier by die skool geskryf.
Inskrywings vind in die Afrikaansklasse plaas en leerders kan nog tot Dinsdag, 10 Februarie hul naam op die inskrywinglyste in hul Afrikaansonderwyser se klas skryf.
Die koste beloop R60 per leerder en die leerders wat ingeskryf het, sal op Karri betalings kan doen.
Die Afrikaans-departement wil graag vanjaar massadeelname aanmoedig en ons mikpunt is dat ten minste die helfte van die sowat 260 senior leerders in die skool hierdie olimpiade in Mei-maand sal aflê. Ons wil daarom nie hê dat leerders wat graag wil deelneem, maar nie die koste kan dra nie, van hierdie verrykingsgeleentheid ontneem word nie, en daarom sal daar ook op Karri ’n opsie wees vir ’n verdere finansiële bydrae wat ouers/voogde kan maak.
Die graad 8- en 9-leerders sal later vanjaar die geleentheid kry om in te skryf vir die junior afdeling van dié olimpiade.
0 Shares
X