Veels geluk met al die leerders se mooi prestasies. Leerders se rapporte word vandag aan elke ouer of voog via e-pos gestuur.

Dit is tog belangrik dat u as ouer/voog kennis dra van die volgende:

  • Indien ’n leerder afwesig was vir ’n assessering met ’n geldige rede, verwerk die WKOD die leerder se ander punte tot ’n finale kwartaalpunt sonder dat die leerder benadeel word. Indien ’n leerder egter sonder ’n geldige rede ’n assessering misloop, ken die WKOD ’n punt van nul toe en word die res van die punte verwerk tot die leerder se finale kwartaalpunt.
  • Hierdie kwartaal het die leerders verskeie assesserings voltooi. Indien die leerders nog nie van hulle assesserings gekontroleer het nie, kan hulle dit volgende kwartaal kontroleer en daarna sal daar ‘n regstelling aan hulle rapportpunt gemaak kan word, indien nodig.

Ons moedig u as ouers/voogde aan om u kind se punte te bestudeer en ’n afspraak met die betrokke leerkragte vir die oueraand op Dinsdag, 8 April 2025 te maak indien u verdere besprekings verlang. Ons almal wil graag die beste vir u kind hê. Saam kan ons meer vermag.

Om ‘n afspraak vir die oueraand te maak, moet u op die volgende skakel kliek: https://outlook.office.com/owa/calendar/Ouerafsprake@janvanriebeeck.co.za/bookings/

U moet asb. slegs een afspraak per onderwyser maak. Indien u twee of meer leerders in die skool het, moet u vir elke kind die vraelys voltooi. Dit is belangrik dat u met u kind bevestig wie sy/haar vakonderwyser is. Die name van onderwysers op u kind se rapport stem nie noodwendig ooreen met wie vir u kind klas gee nie.

0 Shares
X