Hier volg die program vir laaste week (29 September tot 3 Oktober) vir die kwartaal:
Graad 12:
- Maandag – Puntekontrole – Dag 1 (Musiekleerders word onttrek vir Eksamen)
- Dinsdag tot Donderdag – Lenteskool volgens aangehegte program.
Graad 8 – 11
- Maandag – Puntekontrole – Dag 1 (Skool tot 14:15)
- Dinsdag – Leerders wat nog punte moet kontroleer kan na hulle onderskeie onderwysers gaan vir kontrole.
- Woensdag – Afrikaans Vraestel 3. Leerders mag om 12:00 huis toe gaan.
- Donderdag – Engels Vraestel 3. Leerders mag om 12:00 huis toe gaan.
- Vrydag – Rapporte word per e-pos aan ouers gestuur.