Beste Bekkiges.

Die temas vir die 2026 ATKV-Redenaars is bekend! Kom neem jou standpunt in deur NOU al te begin dink, bronne bymekaar te maak en aan jou oorredende toespraak te skryf!  Volg gerus die skakel na die ATKV-Redenaars 2025 Deelnemersgids om te sien hoe só ‘n toespraak moet lyk. Die datums vir die interne-redenaars, die ATKV-uitdunne en die opgedateerde gids sal binnekort gedeel word.

2026 TEMAS
Graad 8 en 9 Afrikaans Huistaal en Addisionele Taal (Voorbereid)

  • Mentor
  • Onkruid
  • Tendens

Graad 10 tot 12 Afrikaans Huistaal en Addisionele Taal (Voorbereid)

  • Risiko
  • Polemiek
  • Naskrif

Moenie verder kopkrap oor HOE om ‘n toespraak te skryf nie – Die ATKV kom tot u redding met ‘n opwindende opleidingsgeleentheid. Kom kry die nodige hulp en gereedskap deur te registreer vir die virtuele sessie wat op die 6de Desember 2025 of die 17de Januarie 2026 aangebied word.

Registreer hier vir die Virtuele skryfwerkswinkel vir ATKV-Redenaars: https://zfrmz.com/xpWH7c0AjUJkvsiAhGtx.

Voorspoed met die skryf!

0 Shares
X