Op Dinsdag, 13 Januarie 2026 moet alle gr. 9 tot 12 leerders by die skool aanmeld om te registreer vir die 2026 akademiese jaar. Tydens registrasie sal leerders hul handboeke, sakboekies en roosters ontvang. Die besonderhede vir die registrasie dag is as volg:
Lokale:

Tye:
- 08:30 – 09:30 Vanne: A tot F
- 09:30 – 10:30 Vanne: G tot L
- 10:30 – 11:30 Vanne: M tot S
- 11:30 – 12:30 Vanne: T tot Z
Wat word benodig:
- Bring ‘n pen saam.
- Ouer/Voogde se besonderhede
- Adres
- Kontakbesonderhede
- Afskrif van geboortesertifikaat/ID
- 2 x ID-foto’s
Leerders kan vir registrasie in sivvieklere skool toe kom.
Leerders moet asb. ‘n pen en die wagwoord vir hul eposse saambring. Indien leerders nie hul wagwoorde ken nie kan hul dit tydens registrasie verander.
Om die program vir die hele eerste week van 2026 te sien kan ouers / leerders die volgende skakel volg: https://janvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2025/12/2026-Week-1.pdf
Meer inligting vir die Matrieks van 2025 om hul uitslae te kom afhaal op Dinsdag, 13 Januarie 2026, sal in volgende week se VrydagFlitse volg.