Leerders wat die assessering van hul Afrikaansskryfstukke gedurende die laaste week van die eerste kwartaal (met ’n gelddige rede) misgeloop het, sal op Maandag, 26 Mei 2025 om 14:30 ’n tweede geleentheid ontvang om die take in te haal.
Leerders moet direk na skool in mnr. Rademeyer se klaskamer aanmeld. Slegs mediese sertifikate sal aanvaar word indien ’n leerder hierdie finale geleentheid weer misloop.