Neem asb. kennis van die reëlings vir die laaste skoolweek – dit is baie belangrik dat alle leerders getrou skool bywoon!
Maandag, 24 Maart
Merietesaalbyeenkoms (alle leerders ontvang merietesertifikate vir 2024-deelname) & puntekontrole
Skool verdaag om 14:15 en buitemuurse program soos normaal.
Dinsdag, 25 Maart
Formele Assessering (Graad 8-12): Afrikaans Huistaal (skryftake en mondeling) 
Gewone akademiese periodes (Dag 2)
Skool verdaag om 14:15 en buitemuurse program soos normaal.
Woensdag, 26 Maart
Graaddagkampe
Skool verdaag om 13:00 en buitemuurse program soos gereël met aparte groepe.
Donderdag, 27 Maart
Formele Assesserings (Graad 8-12): Engels Huistaal & Eerste Addisionele taal (skryftake en mondeling)
Gewone akademiese periodes (Dag 4)
Skool verdaag om 14:15 en buitemuurse program soos normaal.
Vrydag, 28 Maart
Rapporte word teen 9:00 per e-pos aan ouers/voogde gestuur.
Personeel verdaag om 10:00
Baie dankie vir almal se samewerking in die verband!
1 Share
X