Geagte Graad 12-ouer/s
Die tyd het nou aangebreek, en dit is amper die finale jaar. Baie geluk!
Ons aanvaar dat alle graad 12-leerders ‘n ID-dokument / kaart het vir die registrasie van die Nasionale Senior Sertifikaat. Gebruik dus die blaaskans om die nodige te doen om ID-dokumente te bekom, indien u dit nog nie het nie.
Matriektruie word saam met rapporte die 10 Desember uitgedeel en die skool open Woensdag, 14 Januarie 2026. Registrasie en die uitdeel van handboeke vind op Dinsdag, 13 Januarie 2026, plaas. Ons wil ook meedeel dat ons van dag een af klasse gaan ruil.
Ons Matriekinligtingsaand is Maandag, 19 Januarie om 18:00. Ons versoek ouers vriendelik om moeite te doen om die geleentheid by te woon.
Vriendelike groete
Mnr. J. Henning
(Gr. 12-graadhoof)