Algemene inligting (gr. 8 -12)

Datum: 26 Maart 2025 (slegs gr. 12 ook 25 Maart)
Drag: MBK klere
Tyd 7:35 – 13:00

Verloop van dag

  • Register / rye
  • Algemene kennis
  • Spreker
  • POUSE
  • Graad aktiwiteite
  • Elke leerder ontvang ’n koeldrank en worsbroodjie vir middagete.

Graad 8 Dagkamp – Kom en maak reg vir ‘n dag vol pret!

Ons as graadspan is baie opgewonde om een-en-elke graad 8-leerder by die dagkamp te verwelkom! Die dag beloop om propvol pret te wees, en skop af met ‘n Amazing Race deur ons pragtige skool – ‘n avontuur vol uitdagings en lekker verrassings. Die resies eindig in mnr. Rademeyer se kantoor, waar elke leerder die geleentheid sal kry om hul naam in die boek te skryf  – soos dit ’n ware Jan van Riebeecker betaam!

Na hierdie prettige resies, gaan ons ‘n “Who’s Line Is It Anyway” kompetisie hou, waar leerders in groepe hul kreatiewe talente kan wys en die beste, komiese vertonings kan opvoer. Daar sal aan die einde van die dag ’n wenspan gekies word.

Waar: Die Gat

Dis verseker iets wat jy nie wil mis nie, graad 8!   Ons kan nie wag om hierdie dag met julle te spandeer nie!

Graad 9 Gladiators!

Graad 9’s op Woensdag, 26 Maart neem julle in klasverband deel aan ‘n Amazing Race waarin julle lekker gaan saamspeel, saamdink en julle talente vir toneelspel, sport, en akademie gaan moet inspan om as die Top Graad 9 klas gekroon te word. Ons gaan mekaar beter leer ken met ‘n bietjie gesonde kompetisie. So, kies solank vir jou klas ‘n Gladiator span-naam en -kleur. Julle gaan vooraf inskryf vir die verskillende speletjies so dink mooi oor wie oor watter talente beskik.

Waar: Die saal en tennisbaan

Graad 10 Dagkamp – Bal- en boeresport

Op Woensdag, 26 Maart gaan ons gr. 10’s op die boonste netbalbane ontmoet vir ‘n lekker oggend van vriendelike kompetisie tussen die registerklasse. Ons skop af met ‘n lekker ken-mekaar sessie waarna die gr. 10’s hul vaardighede in bal- en boersport gaan afstof! Onthou asseblief julle MBK-klere en sonblok!

Waar: Netbalbane 1 & 2 (boonstes)

Graad 11 Dagkamp – Kom en beleef ‘n dag vol opwinding!

Ons as graadspan is ongelooflik opgewonde om elke graad 11-leerder by die dagkamp te verwelkom! Hierdie dag beloof om vol avontuur, spanbou en baie lag te wees.

Die dag begin met ‘n verfrissende blaaskans by die swembad om 10:50, waar julle lekker kan ontspan en die water kan geniet. Daarna wag ‘n reeks opwindende speletjies in die Jubeleumsaal – ‘n kans om jou medeleerders op ‘n ander manier te leer ken en jou spanwerkvaardighede te wys.

Waar: Swembad & Jubeleumsaal
Drag: Bring jou swembroek en handdoek saam

Dis ‘n dag vol pret wat jy beslis nie wil mis nie! Ons sien uit daarna om hierdie spesiale oomblikke saam met julle te deel! 🎉

Graad 12 KAMP VLAM!

Kamp Vlam dag 1, (Waar die gees gaan vlam vat) vind Dinsdag, die 25ste Maart, vir alle graad 12 leerders plaas.

Leerders meld om 16:00 aan by die Boshoff-veld, toegerus met tente, slaap-benodighede, kamp-kook-toerusting, bestanddele en eetgerei aan. Elkeen pak ook baie gees, gemaklike klere en toiletware.  Onthou om MBK-klere, swemklere, handdoek, sonskerm en water in te pak vir die volgende dag.  (Elke leerder moet self-versorgend wees. Tref die nodige reëlings indien nodig.)

Kamp-kook-kompetisie vind in groepe plaas en kos moet teen 19:00 bedien word. (Braai-dromme en hout sal verskaf word.) Leerders moet self die vure aansteek. Elke groep sal ook ‘n span-speletjie aanbied. Vanaf 22:00 sal daar stilte wees. Genoegsame toesig en sekuriteit sal gehou word.

Kamp Vlam dag 2, 26 Maart 2025

Woensdag-oggend gaan ons, met koffie en beskuit, die son sien op kom en saam afbeweeg na die skool vir die verrigtinge by die skool. (Toerusting van leerders sal af vervoer word om dan na die skooldag saam met leerders huis toe te gaan.) MBK-klere, swemklere, handdoek, sonskerm en genoegsame water. Cafe-Jan sal oop wees. Praatjie in die saal.  Aktiwiteite en spanbou by die Jubileumsaal, grasperk onder en swembad word deur die graad 12 register-onderwysers aangebied. (Pryse word toegeken vir verskeie kategorieë)

Verdaag Woensdag,  26 Maart om 13:00

0 Shares
X