As deel van die 100-jaarvieringe vanjaar van ons geliefde moedertaal, gaan ons skool op 8 Mei ’n paar spesiale oomblikke geniet om ons liefde en passie vir AFRIKAANS duidelik te laat blyk.
Een van die opwindende inisiatiewe is dat ons skool wil deelneem aan die borg-’n-Afrikaanse-woord-inisiatief en hiermee graag 500 Afrikaanse woorde vir die WAT (Woordeboek van die Afrikaanse Taal) wil borg. Elke leerder en onderwyser sal die geleentheid kry om hul gunsteling-Afrikaanse woord te borg en hul sal dan ’n sertifikaat vanaf die WAT ontvang as ‘eienaar’ van daardie woord.
Leerders kan solank dink aan die woord wat hul graag wil borg om so hul naam te voeg by ons ryke Afrikaanse skatkis!
Die koste beloop R100 per woord.
Betalings vir u kind se woord kan op Karri gedoen word. Ons bied ook aan ouers die geleentheid om ’n donasie te maak indien daar leerders is wat nie nou oor die fondse beskik om ’n woord te borg nie.
Ons wil graag iets baie mooi ontwerp met die 500 unieke Afrikaanse woorde wat deur ons leerders en onderwysers geborg word – met elkeen se naam daarby – wat dan op ’n spesiale plek in ons skool vertoon sal word.
By voorbaat dankie vir almal se entoesiastiese ondersteuning!