Kaartjies is tot vandag, 8 Augustus 2025, op Karri-toepassing beskikbaar. Kaartjies sal egter ook by die deur beskikbaar wees. Bewys van betaling moet voorsien word om toegang te verkry. Metgeselle moet identifikasie kan bewys. Geen kontant betalings word aanvaar nie. Beperkte kos-kaartjies sal ook beskikbaar wees. Die snoepie sal oop wees vir verversings.
Kleredrag:
- Informeel-netjies, verkieslik denim, boots en toeknoophemp.
- Geen verslete kleredrag of verbleikte denims nie.
- Geen stranddrag of plakkies nie.
- Geen gewaagde of onvanpaste kleredrag nie. Let op lengte van rokke, rompies en broeke.
Gedrag:
Met die koop van die kaartjies vir die Winterdans onderneem alle leerders en hul metgeselle om die gedragskode van die skool te onderhou vooraf, tydens en na die funksie. Hulle onderneem ook om tydens die funksie hulle ten alle tye onberispelik en fatsoenlik te gedra in lyn van die beeld van Hoërskool Jan van Riebeeck.
Aankoms:
- Geen groot sakke of bonkige handsakke word toegelaat nie. Alle handsakke sal deursoek word.
- Toegang kan geweier word as
- Leerders onvanpas geklee is
- Enige vermoede bestaan dat ‘n leerder onder die invloed van drank of dwelms is.
- Leerders enige onwettige middels of alkohol besit (wat eers gekonfiskeer sal word)
- Metgeselle van buite nie die nodige dokumentasie het nie
- Geen ander kos of drankies mag ingeneem word by die funksie nie.
Tydens die funksie
- Leerders mag slegs die toelaatbare areas van dans betree.
- Leerders mag nie na aankoms weer die funksie verlaat nie. Sou ‘n leerder vroeër wil vertrek, moet hul ouers hul kom uitteken. Leerders mag nie weer terugkom na die funksie nadat hulle die funksie verlaat het nie.
- Leerders moet hulle eie eiendom oppas. Die skool neem geen verantwoordelikheid vir verlore goedere nie.
- Ouers wat leerders voor die tyd wil kom haal, moet self hulle kontak. Die leerder moet dan hul ouers ontmoet by die uitgang van die funksie. Geen ouer, laerskoolleerder of persoon wat nie meer ‘n leerder van Jan van Riebeeck is nie, sal toegang verkry tot die dans nie tensy hulle ‘n metgesel is wat beskik oor die nodige dokumentasie.
- Die deure sal vanaf 21h30 oopgemaak word. Die reël dat as ‘n leerder die funksie verlaat, hulle nie weer mag terugkom na die funksie nie, geld steeds.
- Die gedragskode en reëls in verband met verbode middels geld deurgaans.
- Voldoende toesig sal ten alle tye toegepas word. Die nodige noodplanne en noodhulpplanne sal in plek wees.
Afloop van die funksie
- Die funksie eindig 22:00.
- Alle leerders behalwe graad 12-leerders moet teen 22:00 die skool verlaat het.
- Alle graad 12-leerders is verantwoordelik vir die opruiming na die funksie.
Prosedure om oortredings by die Winterdans te hanteer:
Indien ‘n leerder die gedragskodes oortree of onfatsoenlik optree tydens die dans sal Hoërskool Jan van Riebeeck daardie leerder as volg te hanteer:
- Leerder word verwyder van die dans na ‘n aparte lokaal.
- Ouer/voog van die leerder word gekontak om die leerder summier te kom verwyder van die skoolterrein
- Die nodige gevolge en strafmaatreëls op die leerder sal dan in plek gesit word as gevolg van die oortreding. Indien die leerder nie ‘n leerder van Jan van Riebeeck is nie, kan die polisie gebel word.
- Indien die leerder nie binne ‘n uur deur die betrokke leerder se ouer/voog gehaal is nie, behou die skool die reg om die leerder met ‘n huurmotor na die leerder se adres te stuur op die rekening van die ouer/voog.
- Geen terugbetalings van kaartjies sal gemaak word nie.