Geagte graad 11-leerders en -ouers
Die tyd van die jaar het aangebreek om weer nominasies oop te stel vir JanStyl. JanStyl is ‘n baie spesiale projek en aand, spesifiek gefokus op ons graad 11-groep.
Die aand gaan oor veel meer as net skoonheid, persoonlikheid en mode. Die hooffokus van hierdie projek is om fondse in te samel vir ‘n liefdadigheidsorganisasie en om ‘n betekenisvolle impak op ons skool en wyer skoolgemeenskap te maak.
Ons nooi graag alle graad 11-leerders uit om die aangehegte nominasie vorm te voltooi indien hy/sy belangstel om deel te vorm van hierdie projek en aand.
‘n Leerder mag hulself nomineer, of ‘n vriend of vriendin mag ook ‘n leerder nomineer (met daardie persoon se toestemming). Daar sal van hierdie leerders verwag word om hulself beskikbaar te stel deur die loop van die kwartaal en hul pligte na te kom.
Hierdie nominasievorm kan voltooi word tydens die vakansie en ge-epos word aan juffrou B. le Roux (bianca.leroux@janvanriebeeck.co.za) OF dit kan ingedien word by juffrou B. Le Roux op die eerste dag van die nuwe kwartaal. Verdere inligting sal gedeel word met graad 11-leerders in die nuwe kwartaal.
Enige navrae oor JanStyl kan aan juffrou B. Le Roux gerig word.
Ons sien uit daarna om baie nominasievorms te ontvang en hierdie projek af te skop in Kwartaal 3!
Datum van JanStyl: 2 Oktober 2025
Nominasies: Enige graad 11-leerder