Ons moet julle ongelukkig laat weet dat daar enkele leerders met kopluise is.
Ons rig ‘n versoek dat ouers asseblief vanmiddag of vanaand julle kinders se koppe mooi deursoek. Indien daar enige luiseiers (nete) of luise is, hou asseblief julle Huppellanders tuis.
‘n Paar wenke:
- Gebruik ‘n fyn kammetjie om jou kind se kop onder skerp lig te deursoek.
- Indien jou kind luise het moet jou kind se hare met spesiale sjampoe gewas word. Apteke sal goeie opsies hê. ‘n Metaal kammetjie kan ook gebruik word om die hare uit te kam. Dit is baie belangrik om die luiseiers (nete) uit te kam.
- Kinders se koppe moet na 7-10 dae weer behandel word omdat daar soms luiseiers agterbly. Herbesmetting is baie algemeen.
- Was alle beddegoed en speelgoed in baie warm water.
- Bel gerus vir Lice free indien julle self sukkel met die behandeling van julle kinders se hare by 083 697 0989.
Lees gerus meer oor kopluise: https://www.netwerk24.com/amp/huisgenoot/nuus/kopluise-so-maak-jy-20170528