Ons verwelkom meer as 800 spelers van verskeie skole hier onder die pragtige Tafelberg en sien uit na ‘n naweek van gasvryheid en baie aktiwiteite. Loer gerus na die program wat volg vir die naweek en sluit by enige of al die aktiwiteite aan. Alle geleenthede is vir Hoër- en Laerskool families asook ons gaste van ander skole.

Donderdag, 8 Mei 2025 –18:30 Kultuuraand

Kom geniet ‘n aand van wonderlike musiek en harmonie! Hierdie Kultuuraand sal ‘n onvergeetlike ervaring wees, waar beide primêre en hoërskoolleerlinge op die verhoog sal wees om hul talente te wys. Kom luister na ‘n reeks inspirerende musiekstukke, van koorvertolkings tot solo-optredes, wat die wonder van musiek in ‘n verskeidenheid genres vier. Hierdie aand is nie net ‘n viering van die jong kunstenaars nie, maar ook ‘n kans om die energie, passie en kreatiwiteit van ons jeug in aksie te sien. Wees deel van ‘n spesiale nag vol musiek, vreugde en saamwees!

Toegang; Gratis

Daar sal ‘n snoepie vir die aand beskikbaar wees.

Vrydag, 9 Mei 2025

  • 10:30 Seniortee @ Hoërskool JvR
  • 11:30 Vlaghysing @ Hoërskool JvR
  • 12:00 Stigtersdag saalbyeenkoms @ Hoërskool JvR
  • 13:00 Laerskool Hokkiewedstryde (GRATIS) @ Conradieveld
  • 16:00 Hoërskool Hokkiewedstryde (GRATIS) @ Hartleyvale Astro
  • 17:30 Feestent & Steakbraai met voorstelling van Hoërskool se eerste spanne @ Boshoffveld

Daar is ‘n opsie om die ete / steakbraai op Karri of Quicket te koop teen R 150 pp. Die ete sluit 250g sirloin steak & 2 bykosse in. Vir die jongspan is daar die opsie om ‘n 26cm Butlers pizza te bestel.

Saterdag, 10 Mei 2025

  • 08:00 Sportdag begin
    • NETBAL @ Hoërskool Jan van Riebeeck
    • Hoërskool RUGBY @ Boshoffveld (De Hoop Laan)
    • Laerskool RUGBY @ Conradieveld (Varsity straat)

Toegang:

  • Volwassenes R20
  • Parkering R20
  • Kinders R10 (kinders jonger as 5 jaar- gratis)
  • Leerders met skoolklere gratis

Verskeie stalletjies sal beskikbaar wees by die netbalbane asook langs die rugbyvelde. Dis ‘n kontantvrye geleentheid.

Rugby en netbal vind nie op dieselfde perseel plaas nie.

Sondag, 11 Mei 2025

Kerkdiens @ Groote Kerk Kaapstad

Enige ouers wat vir ons met diensbeurte gedurende hierdie naweek kan help kan die skakel volg en hul besonderhede invul. https://docs.google.com/spreadsheets/d/1RKqlpxlFrEjgjUk-4tNmG5k0dZ0M3cnWbUaXBsAmfps/edit?usp=sharing

Die volledige program sal in die nuwe skoolweek uitgestuur word.

0 Shares
X