Getrou aan die tradisie, nooi ons ons matrieks uit om na hul laaste Afrikaansvraestel volgende Vrydag, 21 November, hul skoolskoene, skryfbehoeftes, sakrekenaars, skoolklere, sportklere en sporttoerusting te skenk. Dit is natuurlik vrywillig. Hierdie inisiatief maak iemand anders se stap weer in 2026 makliker.
Matrieks gaan Vrydag om 12:00 – na hul vraestel – die skool vir oulaas as ‘n leerder deur die hoofingang verlaat. Hul beweeg dan na die swembad waar hul ouers hul inwag.
By die swembad sal daar ‘n spesiale koperklokseremonie plaasgevind. Nadat die klok gelui het, gaan matrieks die Geeslied sing en daarna hul vryheid vier deur oudergewoonte as groep in die swembad af te koel.
Soos altyd, sal daar waatlemoen en roomys vir na die tyd wees.
Matrieks moet onthou om sivvies te bring om weer droog aan te trek.
Daar sal ook wit dromme uitgeplaas word vir die nat skoolklere wat leerders wil skenk.
Die meeste van die matriekgroep skryf volgende Vrydag hul laaste vraestel. Ons vakmusiekleerders skryf nog twee vraestelle die daaropvolgende Maandag en Woensdag en Gasvryheidstudies-leerders skryf die Dinsdag. Baie sterkte ook aan hierdie leerders!
Dit sal vir ons baie lekker wees as ons matriekouers hierdie seremonie volgende Vrydag kan bywoon. Ouers kan aan die Tafelbaai-seekant van swembad stelling inneem.
Die Matrieks gaan almal vergader aan Tafelberg se kant van swembad.