Beste Graad 10 ouer/voog. Ons het reeds die wiel aan die rol met ons eerste Matriekdans 2026 – dinkskrum en ons is opgewonde vir die seisoen wat voorlê!
Baie dankie aan elkeen wat die vergadering bygewoon het, julle insette, kreatiwiteit en passie word opreg waardeer.
Die is wel ‘n groot projek en daarom doen ons graag ‘n beroep op all graad 10 ouers/voogde om hande saam ons te vat om te verseker dat ons ‘n sukses van die projek/te maak.
Hier volg die skakel na die MD26-vorm: https://forms.gle/G7S4ZZ6jy6VxJeB69.
Vul asseblief die vorm in om u betrokkenheid aan te dui. Ons moedig u ook aan om by verskeie portefeuljes betrokke te raak – u kundigheid en hulp is van onskatbare waarde!
Verder deel ons ook die skakel na die MD26 WhatsApp-groep waar verder kommunikasie sal plaasvind. Sluit asseblief asseblief hierby aan: https://chat.whatsapp.com/KnXqv2L2jhfDDhipzepS0x
U hulp en ondersteuning word waardeer en ons sien uit om dit ‘n onvergeetlike aand vir ons kinders te maak.
Groete
Graad 10-span