Ons tel opgewonde die dae af na ons ongelooflike markdag! Hierdie jaar gaan ons elke graad nóg meer betrek om deel van die dag te wees en om saam te werk om die dag ‘n groot sukses te maak. Elke graad sal verantwoordelik wees vir ‘n stalletjie, wat verseker dat die skool veel meer baat sal vind uit hierdie opwindende gebeurtenis.
Die Graadverantwoordelikhede vir die Markdag is soos volg:
- Graad 8: Roosterkoek & hoendersosaties
- Graad 9: Pannekoek & skyfies (slap chips)
- Graad 10: Lekkergoedland
- Graad 11: Speletjies & gesigverf
- Graad 12: Basaarpoeding, JanHapkardoes & kaasborde
Skenkings
Om die markdag moontlik te maak, is ons afhanklik van skenkings van produkte. Ons vra ouers en leerders om die volgende items te skenk:
- Koekmeel
- Gerasperde kaas
- Goue stroop
- Appelkooskonfyt
- Arbeikonfyt
- Sonneblomolie
- Fyn tafelsout
- Springmielies (pitte)
- Witsuiker
- Gesigverf
- Wet wipes
- Oorpluisies (cotton buds)
- Kits gis (instant yeast) pakkies
- Blikkies ingelegte vrugte
- Fyn kaneelpoeier
- Botter (nie margarine)
Items wat in die week van die mark benodig sal word:
- Vla
- Jellie (in 2- of 5-liter roomysbakke)
Alle skenkings kan na leerders se registeronderwysers gestuur word.
Kaartjies vir die mark is nou beskikbaar op Quicket. Hou ons sosiale media platforms dop vir meer inligting oor al ons uitstallers – ons het hierdie jaar baie nuwe gesigte en ‘n paar bekendes wat by die mark gaan wees!
Die graadhoofde sal ook met die ouers kontak maak indien daar enige ekstra hulp vir die markdag benodig word.
Ons is opgewonde om saam met julle hierdie dag te beleef en sien uit daarna om die skoolgemeenskap saam te bring vir hierdie wonderlike geleentheid!