Stel jou ’n kampus voor waar netjiese en eenderse potte in ’n elegante ritme van groen staan: elke boom ’n lewende simbool van ons 100 jaar, ’n koel skaduplek vir leer, ’n toonbeeld van biodiversiteit en ’n bron van trots vir ons gemeenskap. Deur bome in potte te plant, bring ons lewe na plekke waar ’n boom nie in die grond kan wortel nie, beskerm ons infrastruktuur en skep ons die eenvormige voorkoms en geheelbeeld waarna ons mik. Vir slegs R1500 kan ’n borgeenheid die volledige stel – boom, pot, grond, kompos en beenmeel – moontlik maak en só help om 100 bome op ons kampus te vestig as deel van die eeufeesvieringe.

Skenkings / bome kan op die Karri-toep gemaak word of kontak vir Jana by eeufees@janvanriebeeck.co.za

0 Shares
X