Alle graad 12-leerders woon eerskomende Dinsdag, 13 Mei, saam met hul Afrikaansonderwysers ’n vakuitstappie gedurende die skooldag by waartydens hul die verhoogweergawe van hul voorgeskrewe roman, Onderwêreld, by Hoërskool Tygerberg gaan kyk.
Die busse vertrek om 11:00 vanaf die skool en die leerders sal teen 14:15 terug wees by die skool. Almal moet dus hul sportverpligtinge die middag nakom.
Ons sien uit na hierdie verrykingsgeleentheid vir ons matrikulante.