U sou sien dat daar nou geverfde nommers by elke parkering bo in die parkeerarea by Hoërskool Jan van Riebeeck is. Daar is ’n parkeerplek aan elke personeellid toegwys en ons versoek u vriendelik om nie tussen 6:00 en 17:00 bedags op hierdie parkeerplekke stil te hou nie.