Ons opwindende talentkompetisie, Sterrejag, is weer vanjaar deel van Afrikaansweek en vind op Donderdag, 7 Augustus plaas. Inskrywings is reeds op die eerste dag van die derde kwartaal (22 Julie) oop en oudisies sal kort daarna plaasvind – hou die kennisgewingborde dop! Ons nooi alle leerders wat dans-, sang- of instrumentele items wil lewer, uit om in te skryf. Kom wys jou talent!
Daar sal ook ‘n bekende Afrikaanse kunstenaar by hierdie geleentheid optree. Hou sosiale media en die Vrydagflitse dop vir verdere informasie.