Dit spyt my om u mee te deel dat ons huidige beheerliggaamvoorsitter, mnr. Kees Snijders, die besluit geneem het om te bedank. Ek respekteer egter sy besluit ten volle en wil hom graag namens die hele skoolgemeenskap bedank vir die ongelooflike rol wat hy die afgelope paar jaar op die beheerliggaam, en veral as voorsitter, in ons skool gespeel het.
Kees is ’n man met die grootste hart vir hierdie besondere skool van ons en ons is hom ewig dankbaar vir sy leierskap, passie en werkywer. Ons sal sy insette op die beheerliggaam baie mis, maar ek weet ook dat hy steeds saam met ons sal bly werk om ons skool na nog hoër hoogtes te voer. Baie, baie dankie, Kees!
Een nuwe ouerlid moet nou verkies word. Sien gerus die kennisgewing vir die tussentydse verkiesing hier. Die beheerliggaam sal na afloop van dié verkiesing die nuwe voorsitter verkies.
U is welkom om enige navrae in die verband aan ons verkiesingsbeampte, mnr. Naas Beets, te rig.
0 Shares
X