Ons het slegs een nominasie ontvang vir die ouerverteenwoordigerposisie wat tans in die beheerliggaam bestaan en daarom sal daar nie ’n tussentydse verkiesing plaasvind nie.
Baie geluk aan mnr. Merwe Scholtz wat die nuwe ouerverteenwoordiger op ons JvR-beheerliggaam is. Dankie vir u bereidwilligheid om op hierdie belangrike skoolvlak betrokke te raak – en sterkte met die taak wat voorlê.
Die beheerliggaam sal eerskomende Dinsdagaand, 21 Oktober, vir ’n nuwe voorsitter van die beheerliggaam stem.
0 Shares
X