Hoërskool Jan van Riebeeck se Valentynsdans vind op Donderdag, 13 Februarie 2025, plaas.
Metgeselle van ander skole mag slegs die funksie bywoon indien hul die onderstaande afskeurstrokie voltooi en inhandig met ’n afskrif van hulle identiteitsdokument voordat hulle die lokaal binnegaan. Die metgesel moet ook sy/haar skool se stempel op die afskeurstrokie aanbring.
Vir leerders buite die skool beloop die kaartjies R220 p.p.
Reëls vir die Valentynsdans:
- Alle leerders sal tydens die funksie Hoërskool Jan van Riebeeck se gedragskode en algemene reëls van die WKOD betreffende skole en skoolterreine, asook optrede van leerders, gehoorsaam.
- Geen leerder sal op die skoolterrein toegelaat word as daar tekens is dat hy/sy onder die invloed van drank of ander verbode middels is, wat sigarette insluit, nie. Indien leerders nie hierdie reëls gehoorsaam nie, sal hul onmiddellik van die skoolgrond verwyder word deur sekuriteit en /of die Suid-Afrikaanse Polisie sal rakende ernstige oortredings in kennis gestel word.
- Die skool aanvaar geen verantwoordelikheid vir enigiets wat met leerders gebeur voor hul die skoolterrein betree of nadat hul dit verlaat het nie. Partytjies wat voor of na afloop van die funksie gehou word, is nie deel van Hoërskool Jan van Riebeeck se sokkie nie.
- Wanneer leerders die skoolterrein verlaat, mag hul nie weer terugkom nie.
- Ouers moet leerders stiptelik om 22:00 optel.
- Voltooi die volgende skakel voor Woensdag, 12 Februarie. Aansoek tot Valentynsdans
By voorbaat dankie vir u samewerking.
Jan Henning
Graad 11 Graadhoof