Neem asseblief kennis van die verandering in ons voorkomsreëls, soos goedgekeur deur die beheerliggaam op 2 Desember 2025.
Die haarreeëls vir dogters en seuns word hiermee dus gestandaardiseer.
Geen leerder doen voortaan meer aansoek vir enige afwykings van die haarreëls om kulturele, godsdienstige of mediese redes nie, maar die nuwe voorkomsreël, soos nou aangepas in ons gedragskode wat leerders en ouers in 2026 sal onderteken, sal streng toegepas word.
Baie dankie aan almal vir u terugvoer en insitte omtrent dié voorkomsreëls. Ek dui die wesenlike aanpassings in vetgedruk aan.
Seuns
- Hare moet netjies vertoon – soos dit die verwagting is wanneer ’n amptelike uniform gedra word. Haarstyle mag nie volgens ’n modegier wees nie.
- Kuiwe moet minstens een vingerbreedte bokant die wenkbroulyn wees en mag nie in die gesig hang nie.
- Geen los slierte wat langs die gesig en in die oë hang, word toegelaat nie.
- Kuiwe en los slierte wat minder as een vingerbreedte bokant die wenkbroulyn hang, moet netjies met ’n bruin haarknippie weggesteek word.
- Sodra hare aan die kraag raak of oor die ore hang, moet dit stewig gevleg of vasgemaak word.
- Haarkleur moet te alle tye natuurlik vertoon. Geen onnatuurlike strepe word toegelaat nie.
Dogters

- Slegs vlootblou haarstrikke is toelaatbaar.