Namate ons voorbereiding vir die aanvang van die nuwe skooljaar, wil ons graag duidelikheid gee oor die opdatering van ons WhatsApp-groepe. Die finale oorskakeling sal op Vrydag, 9 Januarie 2026 plaasvind.
- Graadgroepe se name word outomaties aangepas na die nuwe jaar se graadname. Ouers hoef nie die groep te verlaat nie — die nuwe graadonderwysers word eenvoudig bygevoeg.
- Hoofgroepe (algemene inligtingsgroepe) wat nie jaarliks verander nie, bly onveranderd.
- Sportgroepe word jaarliks vervang met die groepe vir die nuwe jaar.
Indien daar enige inligting of dokumente op van hierdie groepe is wat jy graag wil behou, stoor dit asseblief so spoedig moontlik, aangesien sommige groepe uitgevee of vervang gaan word.
Volg die onderstaande skakels om by die onderskeie gemeenskappe (communities) aan te sluit waar u kind/ers betrokke is. Elke gemeenskap (community) het onderskeie onderafdelings (groepe) waar u kan kies om by aan te sluit.
- Hs JvR: ALGEMEEN (Ouers) – almal moet asb. deel wees vir alle algemene nuus vanaf die skool: https://chat.whatsapp.com/C27DNrIJn7v1ENi2bY95Bp
- Hs JvR: SPORT (Ouers) https://chat.whatsapp.com/KgQXn4kFIJy26EaYf6id5b
- Hs JvR: KULTUUR (Ouers) https://chat.whatsapp.com/Gi9sCBN4VszE4ZFj6dUAU3