Matrieks
Voor jy jou oë uitvee, skryf jy jou laaste eksamen, eet jy jou laaste pousetoebie en waai jy geklee in wit die skool vaarwel. Witrokdag is om die draai!
Ons weet julle is voos na die Rekordeksamen daarom haal ons die dinkwerk uit Witrokdag! Plaas jou Witrokdag blombestellings NOU op Karri.
Wys jou liefde aan dié wat jou help blom het deur vir jou gunstelingonderwysers en boesemvriende blomme te gee. Dié is ‘n kosbare oomblik tydens Witrokdag waar elke matriekleerder blomme aan almal wat hulle hoërskool-loopbaan spesiaal gemaak het, uitdeel. Die blomme sal die oggend van Witrokdag (17 Oktober) uitgedeel word.
Speldekussings:
OPSIE 1: R60 vir 10
OPSIE 2: R 30 vir 5
Proteas:
OPSIE 3: R200 vir 10
OPSIE 4: R20 vir 1