#JanTeater bied aan ons leerders en hele skoolgemeenskap die geleentheid om die baie gewilde Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat by Theatre on the Bay (in Kampsbaai) te gaan kyk wanneer Pieter Toerien & LAMTA vir ’n tweede seisoen hierdie trefferproduksie aanbied.
- Datum: Maandag, 20 Oktober 2025
- Koste: afslagprys van R275 (gewoonlik R475)
- Tyd: 19:00
- Drag: Gemaklik
Ons sal vervoer vanaf die skool aanbied, maar leerders kan ook van eie vervoer gebruik maak.
Betaal asb. op Karri teen Woensdag, 1 Oktober sodat ons ons skool se bespreking kan finaliseer.
Moenie hierdie puik produksie misloop nie!