Ons skool het die wonderlike voorreg om op 20 September 2025 saam met oudleerder, Laurika Rauch, tydens dié trefferkonsert by die DHL-stadion in ‘n massakoor op te tree. Dit is ook Laurika Rauch se heel laaste optrede ooit!
Ons het 150 kaartjies beskikbaar vir die konsert en verkoop die kaartjies teen R200 elk. Die fondse is ten bate van ons koortoer in 2026. Dit is boonop uitstekende sitplekke – op die stoepe van die losies by die stadion.
Moenie die geleentheid misloop nie! Kaartjies kan op Karri gekoop word. Ons gee later reëlings deur van waar kaartjies by die skool afgehaal kan word.
Ons kan nie wag vir hierdie ongelooflike ervaring vir ons Jan van Riebeeckers nie!