Hoërskool Jan van Riebeeck in samewerking met Alma Nel Drama-ateljee bied met trots aan: ‘n Laaste geskenk
📅 25 November 2025
🕕 18:00
📍 Skoolsaal
🎟️R50 (op Karri)
Vier puik eksterne dramagroepe wys hul staal met vier unieke produksies – stories wat soms skreeusnaaks is, soms onverwags ruk, en jou binnegoed herrangskik op ’n splinternuwe manier.
Ná pouse maak die alombekende PMYES vir oulaas haar buiging – ’n grensverskuiwende stuk wat by feeste uitgestaan het en gehore diep laat praat het. Want sommige buigings kry jy net een keer in ’n leeftyd.