In kwartaal 3 gaan die debatspanne weer verskeie geleenthede kry om aan debat deel te neem. Ons eerste kompetisie is teen Hoërskool Stellenbosch by die JVR/Stellenbosch Kultuurdag op Vrydag, 1 Augustus, te Stellenbosch. Een senior- en een juniorspan sal teen die spanne van Hoërskool Stellenbosch meeding. Die debatte sal die onvoorbereide formaat volg.
Ons tweede geleentheid is met interskole. Die kultuurdag teen Dirkie Uys vind op Dinsdag, 11 Augustus, te Moorreesburg plaas en die formaat is weer onvoorbereid.
Baie sterkte aan al ons debatteerders wat Hoërskool Jan van Riebeeck hier gaan verteenwoordig.
0 Shares
X