Ons debat seisoen het uiteindelik met ‘n groot knal afgeskop en kwartaal 2 gaan ‘n bedrywige tyd vir die debat leerders wees.
ATKV-debat
Op 16 Mei neem ons spanne aan die jaarlikse ATKV debatskompetisie deel en ons wens ons 3 spanne alle sterkte toe.
Daar was op Maandag, 5 Mei, reeds ‘n opleidingsessie en op Maandag, 12 Mei, is die volgende werksessie vir die ATKV-debat. Juniorspanne oefen van 14:20-15:00 en Seniors van 15:00-15:40.
Dink-of-Sink
Op Vrydag, 23 Mei, neem ons spanne aan die Dink-of-Sink onvoorbereide debatskompetisie by die Hoërskool D.F. Malan deel.
Ons sal op Maandag, 19 Mei, ‘n oefensessie hee van 14:20-15:20.
Taalmonument toernooi
Die Afrikaanse Taalmonument bied vanjaar ook ter viering van Afrikaans se eeufees ‘n debatstoernooi aan. Dit sluit ‘n gratis Afrikaanse debatwerkswinkel en -toernooi wat onderskeidelik op 29 September en 16 Oktober aangebied word in.
Die besonderhede van die debatstoernooi is as volg:
DATUM Donderdag, 16 Oktober 2024
PLEK Sal bevestig word nader aan die tyd
TYD 15:00 tot ongeveer 20:00 (Deelnemers meld asb. reeds om 14:30 by die lokaal aan)
DRAG Deelnemers moet skooldrag dra
Ons gaan ‘n junior en senior span inskryf