U word hartlik uitgenooi na Hoërskool Jan van Riebeeck se graad 12-kunsuitstalling by Welgemeend. Die opening is op Sondag, 28 September en begin om 10:00. Die uitstalling is ook oop vir die publiek op Dinsdag, 30 September.
R.S.V.P. asseblief teen 22 September by Sophia van Wyk: sophia.vanwyk@janvanriebeeck.co.za om die opening by te woon. Parkering is beskikbaar by Hoërskool Jan van Riebeeck se parkeerterrein: Kloofstraat 129, Tuine.
Kom ondersteun die leerders; hul kunswerke sal ook te koop wees! Ons sien daarna uit om jul daar te verwelkom!