Hiermee net ‘n vriendelike herinnering dat ons Interne redenaars-kompetisie Maandag, 10 Maart, om 15:00 in meneer Rademeyer se klas afskop. Ons sal stiptelik 15:00 met ons voorbereide toesprake afskop gevolg deur ons onvoorbereide afdeling.
Alle leerders wat aan die onvoorbereide afdeling deelneem, moet stiptelik 14:45 in juffrou Bosch se klas ontmoet vir die aanvang van die voorbereidingstyd.
Ouers en voogde is welkom om ons sprekers te kom ondersteun.
Sterkte met die voorbereiding, ons sien uit om julle tonge te hoor klap!
0 Shares
X